Noord-Europese Vlakte

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Noord-Europese Vlakte in groen.
Topografie van die Noord-Europese Vlakte.

Die Noord-Europese Vlakte (Duits: Norddeutsches Tiefland – Noord-Duitse Vlakte; Mitteleuropäische Tiefebene; Pools: Nizina Środkowoeuropejska – Sentraal-Europese Vlakte; Deens: Nordeuropæiske Lavland en Nederlands: Noord-Europese Laagvlakte ; Frans : Plaine d'Europe du Nord) is 'n geomorfologiese streek in Europa wat die heel of dele van België, die Nederland (d.w.s. die Lae Lande), Duitsland, Denemarke, en Pole dek.

Dit bestaan uit die lae vlaktes tussen die Hercynische orogenese (Sentraal-Europese Hooglande) na die suide en kuslyne van die Noordsee en die Oossee na die noorde. Hierdie twee seë word geskei deur die Jutland-skiereiland (Denemarke). Die Noord-Europese Vlakte is verbind met die Oos-Europese Vlakte, wat saam die meerderheid van die Groot Europese Vlakte (Europese Vlakte) vorm.

Geografie[wysig | wysig bron]

Hoogtes wissel tussen 0 en 200 m. Alhoewel dit meestal as landbougrond gebruik word, bevat die streek ook vleigronde, heide en mere. Die Waddesee, 'n groot gety gebied, is geleë aan die Noordsee kus.

'n Aantal varswater strandmere insluitend die nl:Oderhaf, die nl:Wislahaf en die Koerse Haf word aan die Oossee-kus gevind.

Eksterne skakels[wysig | wysig bron]